As jy 'n ouer is wat in die tyd jou kinders skoolfiks moet hou, is hierdie episode van Nuuspod net vir jou. Nuuspod het met verskeie kundiges oor tuisonderrig gepraat om vir jou praktiese raad te gee oor hoe om nie die verhouding tussen jou en jou kind vir ewig te vernietig nie. Dr Carla Bezuidenhout is 'n opvoedkundige sielkundige by Laerskool Louw Geldenhuys in Johannesburg. Sy gee eenvoudige praktiese wenke vir tuisonderrig tydens die inperking. Sy bespreek ook praktiese wenke om die verhouding tussen kinders en ouers in die tyd gesond te hou. Hantie Wiesner, 'n onderwyseres by Middelburg Tegnies verduidelik hoe sy haar kinders op datum hou deur verskillende mediums. Luzaan Beer, 'n musiekonderwyseres by Constantia Waldorf in Kaapstad gesels in dieselfde trant saam. Louise Symington van Williston is gewoond aan tuisonderrig en sy gee raad hoe ouers en kinders hulle dag kan indeel om dit reg te kry.