Suid-Afrika het ‘n ryke geskiedenis met elektriese motors sedert die Joule in 2005 bekendgestel is. Die promosie van elektriese vervoer en tegnologie kom nou weer terug in ‘n nuwe opwindende formaat, die Kaapstad E-prix op 26 Februarie 2022. Fritz Klaaste praat hieroor met Iain Banner, voorsitter van die e-Movement, die inisiatief agter die suksesvolle bod.