Geen boer kan werklik produseer sonder goeie grond nie en om te weet wat in jou grond steek is bitter belangrik vir alle boere – hetsy jy plant of jy ‘n vleisprodusent wat graslande nodig het, is. Ons gas vanoggend is Marina Coetzee, ‘n Grondkundige en dosent by die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie...