Rooftogte het boaan die Namibiese Polisie se jongste misdaadverslag gestaan. Verskeie voorvalle is in Windhoek en ander dorpe aangeteken, met slagoffers wat met vuurwapens, messe en pangas gedreig is, terwyl selfone, kontant en selfs 'n taxi gesteel is. Michael Nieuwoudt van Namibia Investigation Services het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel armoede 'n rol speel, die meeste gevalle geleentheidsmisdade is.