Ons rapporteer altyd oor die hartseer stories van hoeveel babas en kinders weggegooi word en gelos word vir die dood in ons samelewing maar vanaand moet ons darm 'n goeie storie ook deel. Hierdie keer gaan maak ons 'n draai teen die kus...Carmen Hoases en haar man, Hannes het in 2013 besluit om 'n huis vir hawelose kinders in Hentiesbaai te begin met die naam Happyland Safe Haven, en ons gesels vanaand met haar.