Die wêreld gaan net al hoe doller aanhou tol. Jy moet self besluit: Genoeg is genoeg, ek sal moet afrat vir sielsbehoud. Sulke tye is dit goed om ’n slag ’n grondpad te gaan ry.
Wanneer die Tankwa-Karoo roep, moet jy antwoord. En wanneer die hunkering na braai só erg raak dat jy rowwe bergpasse aandurf in jou soeke na ’n tjoppie, moet jy weet: Jy het die skoot hoog deur.
Die lewe is te kort om dit binne die mure van ’n stad te slyt. Iewers daar buite – dalk nie so ver as wat jy dink nie – is daar ’n tweespoor-paadjie wat roep... en rustigheid wat wink, glo Toast Coetzer.
Die vroeë jare negentig is nie net gekenmerk deur groot politieke veranderings in Suid-Afrika nie. Dit was ook die begin van die einde vir die hamburger soos ons hom geken het, sê Jaco Kirsten.
12 min
About Klankgolwe: Weg! Stories
From the publisher's feed
Weg! Stories - Die beste rubrieke, reisstories, onthou stories en wildestories in Afrikaans.
Elke week doen ons 'n voorlesing van een van die beste stories uit Weg-tydskrif se argiewe. Ons gaan ook gesels met die skrywers, en hou ook die spasie dop vir bonus episodes.