Klanktoets

Klanktoets

Download on the App Store

Klanktoets episodes

  • Rikus van der Vlies se eerlike reis in "Steeds In My"
    Rikus van der Vlies gesels oor sy nuwe enkelsnit "Steeds In My" 'n eerlike lied wat verlange, nostalgie en hoop ondersoek. In die onderhoud vertel hy van die inspirasie agter die lied, sy selfgeskilderde olieverfomslag, en hoekom hy glo dat eerlikheid altyd 'n blywende leeftyd het. Van sy debuutdigbundel Gebroke Psalms tot sy solo-loopbaan – ons gesels oor die kreatiewe reis van 'n jong kunstenaar wat nie bang is om kwesbaar te wees nie.
    8 min
  • Aidan Kade praat oor "Hoor Jy My?" 'n Kreet wat gehoor wil word
    In 'n eerlike gesprek by die radiotafel vertel Aidan Kade van die storie agter haar nuwe enkelsnit "Hoor Jy My?" 'n diep persoonlike alternatiewe Afrikaanse lied wat kwesbaarheid, selfgelding en die stryd om jou stem te laat tel, verken. Die snit, wat op 19 Junie 2026 vrygestel is, meng alternatiewe pop met elektroniese atmosfeer en organiese klanke, en is vervaardig deur Kyle Botha by Son Studios. Aidan deel ook hoe die lied spruit uit gevoelens van ongehoord wees in beide die musiekbedryf en 'n vorige verhouding "’n gehuil, ’n fluister en ’n brul alles tegelyk.
    7 min
  • Doctor by day, country star by night – Glen Rozi on his new single "Country Nights"
    He's a medical doctor through the week, but on the weekends he's chasing a country music dream. Glen Rozi joins me on Soundcheck to talk about his brand-new single "Country Nights" – a heartfelt, authentic country track that's now available on all platforms, with iHeartRadio airplay support that we're incredibly grateful for. We chat about balancing medicine and music, the story behind the song, and what it means to fly the South African flag in the country music scene. Give it a listen!
    11 min
  • Van ma na dogter: Alba Vorster verklap die storie agter "Alles Sal Nog Regkom"
    Alba Vorster se nuutste enkelsnit is meer as net nog 'n treffer dit is 'n familie-erfenis. Alles Sal Nog Regkom is oorspronklik deur haar ma, Nadia Vorster, geskryf en gesing, en nou blaas Alba nuwe lewe in die liedjie. In die onderhoud gesels ons oor die emosionele reis om haar ma se musiek voort te sit, die boodskap van hoop in die liedjie. Skakel in vir die hartlike gesprek!
    8 min
  • Matt Gardiner Brings 80s-Indie Pop Heat with New Single "Trouble (Want That)"
    South African pop artist Matt Gardiner is back with a bold new single, TROUBLE (Want That) out now.
    Blending shimmering 80s synths, punchy indie-pop guitars, and brass from UK trumpet player Dan Newell, the track was produced and co-written by Alex Copp alongside Erin Gardiner. It leans into the magnetic pull of a relationship you know is a bad idea and the thrill of leaning in anyway.

    I sat down with Matt to talk about the story behind the song, working with British musicians on the track, and what's next on his journey toward a globally relevant pop sound.
    9 min
  • Schwabie praat oor "Alles" dié nuwe enkelsnit wat elke hart raak wat al ooit bang was om weer lief te hê
    In sy nuwe enkelsnit "Alles" vang Schwabie daardie universele gevoel vas. Die oomblik wanneer jy besef jy is besig om verlief te raak, maar die vrees vir 'n gebroke hart wil jou keer. Met sy kenmerkende eenvoudige maar elegante styl vertel hy 'n storie wat soos 'n spieël vir die siel voel.

    Ons het met Schwabie gesels oor die inspirasie agter die liedjie, wat "Alles" vir hom persoonlik beteken, en hoekom hy glo dat die grootste risiko in die lewe is om nie lief te hê nie.
    7 min

About Klanktoets

From the publisher's feed

Die jongste van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.