Klipkouers

Klipkouers

By The Gareth Cliff ShowBusiness
Download on the App Store

Klipkouers episodes

  • Neels Grieshaber
    Neels Grieshaber is nie alleen ‘n suksesvolle boer van die Ellisras-distrik in die Bosveld nie. Hy is ook ‘n entrepreneur by uitnemendheid. Neels is die baasbrein agter die bekroonde alles-in-een klamptang, Magi-Clamp, wat ontwerp, ontwikkel en vervaardig is om draadklampe effektief vas te maak op enige pyp of spuitslang of veerkragtige materiaal of ander klamptoepassings. ‘n Voortdurende gesukkel om stukkende waterpype op die plaas en in voertuie te herstel, het Neels genoop om te begin eksperimenteer, en hy het die baanbrekerswerk van sy oorlede oom, Jimmy Grieshaber, verder gevoer en vervolmaak. Juis daarom noem hy die Magi-Clamp ook die ‘Jimmy’ Tool’...
    1 hr 20 min
  • Morné Basson
    Morné Basson is die verpersoonliking van ‘n ‘Klipkouer'. En, die ideale persoon om 72km/dag fiets te trap vir 72 opeenvolgende dae. Dit doen Morné ter ondersteuning van The Character Company, wat mentorskap aanbied vir jong seuns wat grootword met ‘n afwesige pa.

    Morné is ‘n merkwaardige langasem, en het al 72 marathons afgelê, op ‘n trapmeul, ter bewusmaking van motorneuronsiekte, en in 2015 selfs die Comrades voltooi op ‘n passasierskip in Alaska!

    Morné beskik egter nie alleen oor ongelooflike fisiese uithouvermoë nie, sy geestelike deursettingsvermoë is onlangs ook deeglik op die proef gestel met die skielike heengaan van die groot liefde in sy lewe.
    Hier is sy hartroerende en inspirerende verhaal.
    1 hr 24 min
  • Corbèr Viljoen
    Corbèr Viljoen het sy lewe lank ‘n absolute passie vir klassieke motors.
    Toe hy in standerd ses was het sy entrepreneur pa reeds vir hom ‘n Ford Fairlane gekoop.

    En, hoewel sy ma wou gehad het dat hy ‘n vlieënier moes word, het sy passie vir ou karre uiteindelik die botoon gevoer en beoefen Corbèr sy aanvanklike stokperdjie die afgelope vyf jaar reeds as ‘n voltydse beroep.

    Sy onderneming, Wat Swaai Jy, in Menlyn, spesialiseer in die koop en verkoop van klassieke motors, en hulle is ook spesialiste op die gebied van restourasie. Volgens Corbèr is sy kliënte meestal entoesiaste wat sy passie vir karre deel.
    1 hr 6 min
  • Kallie Carlson
    The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is.

    Soos Kallie Carlson egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van Paratus Suid Afrika, ‘n onafhanklike verskaffer van laaste-myl, satelliet-gebaseerde konnektiwiteit en toegangsoplossings. As een van die grootste verskaffers in Afrika, beskik Paratus oor 4000 satelliet-terminale regoor die vasteland en bied dit die volle spektrum van end-tot-einde konnektiwiteitsoplossings.

    Dit lewer onder andere ook ‘n kritieke diens aan boeregemeenskappe, met die groeiende kommer rondom plaasveiligheid in Suid-Afrika.
    1 hr 22 min
  • Samesmeltings & Oornames
    Met soveel ondernemings wat moontlik skipbreuk kan ly gedurende COVID-19, verkeer heelwat eienaars moontlik onder die wanindruk dat hulle eenvoudig hul deure moet sluit.

    Daar is egter alternatiewe opsies. Arno Jansen van Vuuren van STRATLAW gesels met my oor Samesmeltings en Oornames, oftewel ‘Mergers and Acquisitions’, as groeistrategieë of oorlewingstrategieë - sonder dat die besigheid se deure noodwendig gesluit moet word.

    Die hoofdoel is om ‘n wen-wen situasie te probeer skep, en in dié opsig is dit kritiek dat ‘n mens se besigheid aantreklik is vir beleggers en dat jy ‘n ideale besigheidsvennoot kan identifiseer.
    22 min
  • Theo Prinsloo
    Theo Prinsloo staan, saam met sy ou skoolvriend Johan Swarts, aan die stuur van Guano Boost, ‘n innoverende maatskappy wat ‘n alles-in-een, 100% organiese kunsmisproduk aan boere voorsien.

    Guano Boost word vervaardig van Namibiese guano (voëlmis) wat, met ‘n stikstoftelling van N16.5%, die hoogste konsentraat ryk, natuurlike messtof in die wêreld bevat. Die produk word verwerk by hul aanleg in Swartwater, Limpopo.

    Guano Boost help kommersiële boere om sowel hul oesopbrengste as die rakleeftyd van hul produkte op ‘n volhoubare manier te verhoog, terwyl dit tersfeldertyd operasionele logistiek vergemaklik en omgewingsvriendelik is.
    57 min
  • Leonie Marques
    Met ‘n agtergrond in boekhou, het Leonie Marques aanvanklik by die Ontvanger van Inkomste gewerk, en ook sowat 40 maatskappye se boeke van die huis af behartig.

    Daarna het sy ‘n ander koers ingeslaan deur ‘n tuindiens-besigheid te koop, wat sy van 100 na 300 tuine per maand uitgebrei het.



    Haar seun se huiswerklading, tesame met sy sport, het haar genoodsaak om te begin help met opsommings, sodanig dat sy vir maats ook begin opsommings maak het.

    So het Studiemeester™, 'n innoverende leerlingondersteuningsplatform wat ouers die geleentheid bied om hul kinders se leerwerklading te verlig sonder om hul akademiese groei te stuit, die lig gesien.
    36 min
  • Sarel du Plessis
    Sarel du Plessis kan met reg beskryf word as ‘n ghoeroe van die Suid-Afrikaanse media- en bemarkingsbedryf.

    Met 32 jaar ervaring in die advertensiewese, bemarkingsaangeleenthede en die drukkers- en uitgewersbedryf, weet hierdie 64-jarige boorling van Edenvale so ‘ietsie’ van die media-industrie, en dra hy ook eerstehandse kennis van krisistye in die geskiedenis, soortgelyk aan die huidige COVID-19 pandemie, en hoe die mensdom weer anderkant uitgekom het.

    Sarel was onder andere besigheidsbestuurder van Business Day en verkope- en bemarkingsdirekteur van Times Newspapers. In die Media24-stal het hy die poste as onderskeidelik uitgewer en hoof-uitvoerende beampte van sowel die Sondagkoerant-afdeling, RCP Media, as News Media North, die uitgewers van Rapport, Beeld en Volksblad, beklee.
    Sarel was ook die stigter van Ads24 en algemene bestuurder van Groot FM (‘Die Groot Ontbyt), terwyl Rapport se uiters gewilde ‘Ons Sing Jou Taal’-reeks van CD’s sy breinkind was.

    Deesdae bedryf Sarel sy eie konsultantbesigheid, Lekker Media.
    1 hr 31 min
  • Mike Bolhuis
    Misdaad is buite beheer.

    En, hoe dan anders, met statistieke wat dui op ‘n gemiddeld van 57 moorde per dag, ‘n roofaanval elke paar minute en ‘n verkragting elke vier minute...

    Dankie tog vir my jongste gas, Mike Bolhuis, wat dit as sy roeping sien om misdaad met hand en tand te beveg.

    Met meer as 35 jaar ervaring, is Bolhuis se genadelose en somtyds onortodokse stryd wat hy teen misdadigers voer welbekend, en selfs berug.
    Op een van sy T-hemde staan geskryf: ‘NO DRUGS, NO VIOLENCE’.

    Dit, in ‘n neutedop, is die fokus van Mike Bolhuis se krystog teen misdaad.
    Niemand is meer passievol oor die stryd teen misdaad as hy nie, veral wanneer vrouens, kinders en diere daaronder ly.

    Oor die jare was hy uiters suksesvol daarin om bende- en dwelmverwante misdade te beveg, tot so ‘n mate dat sy maatskappy as ‘n laaste uitweg beskou word. 'n Moderne "A-team"!
    1 hr 20 min
  • Meksikaanse Bier Gogga
    Wat 'n mal tyd! Hierdie Meksikaanse Bier Gogga is besig om groot amok te maak. Ek dink die wêreld het laas met 9/11 so baie ontwrigting en onsekerheid ervaar. Maar, chaos skep geleenthede. Moet net nie perspektief verloor nie en meer belangrik: Leer, Reflekteer en Implementeer.
    15 min

About Klipkouers

From the publisher's feed

Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensraad te ontgin.

More shows like Klipkouers

AnimalCentral by The Gareth Cliff Show

AnimalCentral

1 Listeners

Future CEOs by The Gareth Cliff Show

Future CEOs

1 Listeners

The Leadership Platform by The Gareth Cliff Show

The Leadership Platform

1 Listeners

Beyond Ears and Eyes by The Gareth Cliff Show

Beyond Ears and Eyes

13 Listeners

SexTalk by The Gareth Cliff Show

SexTalk

18 Listeners

#WeddingCentral by The Gareth Cliff Show

#WeddingCentral

0 Listeners

The Gareth Cliff Show by The Gareth Cliff Show

The Gareth Cliff Show

67 Listeners

The Naked Economy by The Gareth Cliff Show

The Naked Economy

1 Listeners

Blind History by The Gareth Cliff Show

Blind History

34 Listeners

Howzit China by The Gareth Cliff Show

Howzit China

0 Listeners