Die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum sê damvlakke het skerp gestyg ná swaar reën, met verskeie damme wat tans hul volle kapasiteit oorskry. Sekere damme in die Tuinroete en die Sentrale Karoo het binne ure vanaf lae vlakke tot meer as 100-persent gestyg, wat kommer veroorsaak oor moontlike oorstromings stroomaf. Colin Deiner van die sentrum sê die vinnige styging ná 'n lang droogte word fyn dopgehou, terwyl riviere, riviermondings en omliggende gemeenskappe voortdurend gemonitor word: