Chrislynn Sias gesels met Ryan Daniels en Natasha Rooi, wat terugploeg in hulle gemeenskappe. Soms word ons so vasgevang in ons eie wêreld, dat ons nie dink aan iemand wat dalk honger gaan slaap of iemand wat ‘n drukkie nodig het nie. Of sommer net iemand wat hulp benodig om die een of ander aansoek te voltooi. Hierdie twee jongmense inspireer ons om meer te doen!