Wat is al die verskillende na-skoolse onderwysinstansies waar Suid-Afrikaners verder kan studeer? Arehan Brand gesels met Trudi van Wyk, Direkteur vir Beroepsopleiding by die Departement Hoër Onderwys en Opleiding, oor die na-skoolse onderwyssektor, en vind ook meer uit oor die rol van TVET-Kolleges. Hulle bespreek kwessies soos swendelinstellings en deel gratis hulpbronne om jou te help om jou loopbaan te beplan.