Chrislynn Sias gesels met jongmense wat die jeug bemagtig en toerus met die nodige vaardighede om hulleself te bevorder. Henriette Cook het saam met ander jong onderwysers en fasiliteerders ‘n kunsklub vir leerders in die hartjie van Kraaifontein begin. Geronimo de Klerk vertel van sy niewinsgewende organisasie, Feed The Future. Dié organisasie verskaf nie net voeding aan die gemeenskap nie, maar skep ook geleenthede vir die jeug.