Om Wêreld Oseanedag te vier, het Hazel Janse van Rensburg vir Krish Lewis genooi om jongmense meer oor sy werk by 'n akwarium te vertel. Ons vind uit hoeveel harte ‘n seekat het, hoe om by ‘n duikskool aan te sluit, en watter rol die gesondheid van oseane in ons lewe op land speel.