Jandre Lubbe het ná matriek besluit om ‘n musiekgraad te voltooi. Hy is baie talentvol en speel in verskeie orkeste reg oor die land. Hy vertel van musiek as studierigting, die praktiese opleiding, die teorie en die aansoekproses. Jandre praat ook oor die verskeie loopbane wat jy kan volg wanneer jy jou graad in musiek voltooi het.