Jamie Arnoldus gesels met Charlissa Schultz, 'n Graad 12-leerder aan die Hoërskool Langenhoven in Oudtshoorn, wat in Februarie aan die Suid-Afrikaanse Omniumkampioenskappe deelgeneem het, en toe as die SA-kampioen gekroon is. Gerduan Kemp, 'n jong sanger en liedjieskrywer van Bloemfontein, kuier ook saam.