Die 16-jarige Janien Muller is ‘n kunstenaar van formaat, en het al vele kompetisies gewen. Sy ontwerp in haar vrye tyd gelukbringers vir haar skool, doen illustrasies vir kinderboeke, en teken strokiesprente vir haar plaaslike koerant. Janien vertel wat alles in 'n illustreerder se kop aangaan.