As jy dit moeilik vind om vir mense kersgeskenke te koop, sal hierdie werkswinkel jou leer om kreatiewe naamkaartjies en ander kaartjies te maak om jou geliefde spesiaal te laat voel, sonder dat dit ‘n arm en ‘n been kos. Wees kreatief hierdie kersseisoen en maak jou eie kersgeskenke. Ilze de Villiers lei die werkswinkel, en verduidelik hoe om verskeie maklike kersgeskenke te maak.