Wêreldwyd het 27% van vroue en meisies van 15 en ouer óf fisiese óf seksuele mishandeling ervaar, maar in Suid-Afrika is die syfer 'n verbysterende een-derde of selfs 50%. Chrislynn Sias praat met Enrico Hartzenberg en Gershwin Mias oor hoe geslagsgebaseerde geweld aanleiding gegee het tot die teaterproduksie, Vloeibare Moed.