Ons gesels met verskeie jongmense oor die projekte wat in hulle gemeenskape begin het. Mynhardt Kruger gesels uit Plettenbergbaai; Jolian Hahn van Vredendal Sekondêr deel sy hoop en drome vir Suid Afrika; dr. Marlene Le Roux van ArtsCape vertel van hoop vir die jeug. Alex Cupido, stigter van die niewinsgewende organisasie Bruinchild-Media, vertel hoe hulle in jongmense belê en hoe die kunstenaars Shade Pretorius en Michael Palmer, beter bekend as Mr. MP, ‘n Covid-19-bewustheidstoer aangepak het.