Leon van Nierop gesels oor rolprentkunde as skoolvak. Hy vertel van sy nuwe handboek, wat hy geskryf het om onderwysers van hulp te wees om rolprentkunde as vak aan te bied. Hy gesels ook oor Suid-Afrikaanse films en watter loopbane daar in die filmbedryf is.