Elisna Kelly en dr. Janine Raubenheimer sluit by ons om te gesels oor die proses, of die lewe ná ‘n selfdoodpoging. Hulle verduidelik hoe iemand wat selfdood oorleef het en hulle vriende en familielede genesing moet bewerkstellig. Patricia Franke deel ook haar storie en ervaring ná ’n selfdoodpoging.