Om die wêreld plat te reis, is elke jongmens se droom. Talle doen dit deur middel van au pairwerk en skool gee in die buiteland. Tenita Kidelo gesels met Amelia Cyster wat as au pair gewerk het in Nederland, en vind uit hoekom hierdie so 'n gewilde opsie onder jongmense is. Sy gesels ook met Vonny oor skoolgee in China, en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan.