Mar-li van der Merwe gesels met Ashric Don van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement oor nuwe tegnologie in die onderwys. Hy praat oor die waarde van kodering en robotika vir leerders, en wat binnekort in skole in die hierdie kurrikulums verwag kan word. Candice Amon van Life Choices Academy verduidelik waarom dit belangrik is om koderingsvaardighede aan te leer, en vertel van ‘n opwindende koderingsgeleentheid.