Barrie Ferreira gesels met twee jong Suid-Afrikaners wat deelneem aan die 2024 Olimpiese Spele. Die 22- jarige Mel Janse van Rensburg, ‘n rotsklimmer, en die 22-jarige Marioné Fourie, ‘n 100 m-hekkiesatleet en Suid-Afrikaanse rekordhouer, vertel van hulle Olimpiese drome.