Het jy enige nuwejaarsvoornemens? Hou jy nog daarby? Of glo jy nie dat dit werk nie? ‘n Nuwe jaar hou tog iets anders in as die draai van ‘n seisoen. Dit is ‘n tyd waar ‘n mens besin oor jou gedrag en menswees. Jy besluit wat werk vir jou en wat nie. ‘n Skoon blaadjie. Hoe kan ‘n mens praktiese voornemens of doelstellings maak wat doenbaar is? Maryke Groenewald, ‘n lewensafrigter, vertel hoe jy dit kan doen.