Die internet is ‘n wonderlike bron van inligting, waar jy die interessantste feite en mense kan ontdek. Dit bied oneindige moontlikhede aan besighede en entrepreneurs, en jy klante dwars oor die wêreld hê. Maar die internet kan ook ‘n baie donker en gevaarlike plek wees as jy oningelig of onkundig is oor hoe dit werk. Cynthia Burger van Kinderwelsyn in Bloemfontein praat oor die gevare en risiko’s wat die internet inhou, en gee wenke om dit veiliger te maak vir kinders. Anton Kotze, ‘n prokureur en regulatoriese adviseur vir internetdiensverskaffers, gee raad vir ouers oor hoe om hulle kinders te beskerm teen aanlyngevare.