Heruitsending: Arehan Brand gesels met Christian Harmse, 'n jeugmentor, gemeenskapswerker en motiveringspreker oor tweede geleenthede vir jong misdadigers wat vervolg is en in jeugaanhoudingsentrums aangehou word. Hulle bespreek die faktore wat aanleiding daartoe gee dat jongmense die wet oortree, en dat dit nooit te laat is om jou lewe om te keer nie.