Episode 2 van RSG se tiener-realiteitsreeks, KRAGKAMP. Arehan Brand & Mar-li van der Merwe stel jou aan die volgende groep deelnemers bekend wat hul vaardighede en kragte wil slyp. Is die volgende tienerheld in hierdie groep? Hulle is Lisa Maree (14) van die Hoërskool Outeniqua, Solakha Noyi (15) aan die Hoërskool Wittedrift in Plettenbergbaai, Jody Lackay (15) aan die Hoërskool Wellington, en Luané Terblanche (17) van die Hoërskool Bethlehem Voortrekker.