Om op 'n jong ouderdom ‘n ouer aan die dood af te staan, affekteer jou nie net as kind nie, dit het ook later as volwassene ‘n groot impak op jou lewe. 'n Jong vroue wat haar ma op agtjarige ouderdom verloor het, vertel van haar ondervinding en gee jongmense in dieselfde posisie raad en hoop.