Vir talle matrikulante is die matriekafskeid die hoogtepunt van hulle finale skooljaar. Oktober is gewoonlik die maand van die matriekafskeid. Tenita Kidelo hoor by ‘n paar skole of hulle vanjaar matriekafskeid hou of nie, en hoor by leerders hoe hulle hieroor voel. Sy gesels ook met Zeldine Vos wat Suid Afrika aanstaande jaar as Miss Teen SA in Europa sal verteenwoordig.