Lewenslange leer is nie net ‘n modewoord nie, dis ‘n filosofie. Arehan Brand gesels met dr. Marni Bonthuys van die Universiteit van Wes-Kaapland oor lewenslange leer. Tiaan Claassens en Courtneigh Ess deel ook hule ervaring met lewenslange leer. Alan Gie, een van die skeppers van die WiBox, vertel hoe hy en twee klasmaats ‘n toestel ontwikkel het om jou internetverbinding aandie gang te hou, selfs tydens beurtkrag.