Ann-ne Venter, wenner van die ATKV Skoleredenaarskompetisie in die kategorie vir Afrikaans Huistaal Voorbereid Graad 10 – 12, vertel van dié prestasie en haar toekenning vir Beste Taalgebruiker. Jayden Steenkamp, een van die onder-18 SA Raakrugby-spanlede wat volgende jaar in Engeland aan die Jeug Wêreldbekertoernooi gaan deelneem, gesels rugby-dinge.