Elize Greyling doen ongelooflike werk as onderwyseres en motiveerder vir sowel die leerders waarmee sy in aanraking kom as die onderwysers wat saam met haar werk. Sy is ‘n onderwyseres vir leerders met gehoorverlies. Sy vertel van haar werk, die boek wat sy geskryf het, en die skool se interaktiewe tuin om die kurrikulum vir hierdie leerders interessant te maak.