Jamie Arnoldus gesels met Zilke Bal, 'n 21-jarige gholfspeler van Bellville in die Wes-Kaap, wat onlangs gekies is vir die S.A. Universiteitespan wat in Taiwan sou deelneem aan die Universiteite Spele. Dit is egter afgestel as gevolg van die Covid-19-pandemie. Jamie praat ook met William Sezoe, 'n eerstejaar onderwysstudent aan die Universiteit Stellenbosch. William het in 2019 twee toekennings ontvang, waaronder 'n Afrikaanse Taalraad Koker vir die bevordering van Afrikaans onder die jeug. William vertel van sy passie vir sy taal.