Arehan Brand gesels met Twanel Botha, ‘n hoërskoolonderwyser met ‘n agtergrond in dieregedrag. Sy vertel van die ooreenkomste tussen troeteldiere en hoërskoolleerders - toemaar, dis nie so erg soos wat jy dink nie! Oriana van der Westhuizen, ‘n sangeres wat ook naels doen, verduidelik hoe dames met lang naels take kan verrig, en sy vertel ook ‘n paar snaakse staaltjies uit haar dae as lugwaardin.