Jy mag haar dalk ken as die aanbieder van Boer Soek ‘n Vrou, maar daar is so baie dinge wat jy nie van Marciel Hopkins geweet het nie. Hoekom is selfliefde, liggaamsaanvaarding en persoonlike groei vir haar so belangrik? Marciel gesels oor haar avonture in die vermaaklikheidsbedryf en hoe haar transformerende gewigsverliesreis daartoe gelei het dat sy ‘n motiveringspreker geword het.