Vroteier, Blindemol en Slangetjies en Leertjies is van kinders se gunsteling vakansiespeletjies wat ook wiskundige denke stimuleer. Engela Claassen,‘n vakadviseur by die Kaapse Wynland Onderwysdepartement, gee raad aan ouers oor wat hulle kan doen om hulle kinders se Wiskunde tydens die skoolvakansie te versterk.