Jamie Arnoldus gesels met Jooste Nel, 'n leerder aan die Hoërskool Montana in Pretoria, wat in 2021 vir die Franse rugbyklub, Agen, gaan speel. Karmen Wiid, 'n 19-jarige digter van Pretoria wat ook 'n Geesteswetenskappestudent is aan die Universteit Stellenbosch, vertel van haar eerste roman wat gepubliseer is toe sy 12 jaar oud was. Sy het in Junie vanjaar haar eerste digbundel gepubliseer.