Om te skuld of nie te skuld nie? Dít is die vraag. Is skuld goed of sleg, en hoe moet ‘n mens te werk gaan om goed met skuld te werk? As jy skuld gebruik om iets te koop wat in waarde groei, of wat jou in die toekoms kan help om meer geld te maak, soos ‘n graad op universiteit of ‘n besigheid, dan kan dit slim wees.