Juandre Visser, ‘n graad 11-leerder, presteer op alle vlakke – kultuur, sport en akademie. Hy is ook onderhoofseun vir 2023. Juandre gee wenke aan leerders om hulleself te motiveer vir die pylvak van die jaar. Hy gesels ook oor tydsbestuur, en hoe dit jou kan help om gemotiveerd te bly.