Alicia Willemse het haar debuut vir die Vroue Springbokspan sowel as die Sewes-span vroeër vanjaar gemaak. Om die groen en goud te dra is 'n droom wat waar geword het, maar dit het nie maklik in haar skoot geval nie. Jare se opoffering en harde werk het gesorg dat sy vandag haar land kan verteenwoordig.