Die Johannesburg Modeweek het vanjaar sy 15e verjaarsdag gevier. Een van die organiseerders, Janet Potgieter, vertel wat vanjaar se geleentheid so spesiaal maak. Sy gesels ook oor modelle, modelskole, hoe modelle vir die modeweek gekies word, en hoe tegnologie, veral selfone, die modebedryf verander.