Kompas

Kompas 8 September 2022


Listen Later

(N)YDO is ‘n gemeenskapsorganisasie in Eersterust, Pretoria. Hulle fokus op die jeug, en werk nou saam met die Departement van Korrektiewe Dienste om jong misdadigers deur ‘n program te rehabiliteer en gereed te maak om terug te keer na hulle families en gemeenskappe. Die benadering is holisties, waar ouers en skole in die omgewing betrek word om die probleem van jeugmisdaad te bekamp. Terrance April gesels met Elzabe Aucamp, bestuurshoof van die organisasie, oor hulle verskillende programme. Mart-Leen Oosthuizen gesels met Renske van Hoёrskool Ligbron in Ermelo wat hulle eerste tienertoneel aanbied.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

KompasBy RSG