KRAGKAMP - Episode 9: Die laaste paar deelnemers sleep vlerk en werk hard om vir Armand Aucamp, hulle beoordeelaar, te vlei met hul pick-up lines en date idees. Arehan Brand en Mar-li van der Merwe loer ook by die deelnemers in om uit te vind of hulle al groei getoon het oor die laaste paar weke, en of die vaardighede wat hulle leer, hulle help in hulle alledaagse lewe.