Hoërskool Florida in Johannesburg het as deel van hulle LO-kurrikulum ‘n gemeenskapdiensprojek waaraan die leerders moet deelneem. Hulle moet 150 uur se gemeenskapdiens daar doen. Hulle werk ook met ‘n niewinsgewende maatskappy wat skoolskoene maak uit herwinbare plastiek.