Die veelbesproke Landbou Konferensie wat oor twee dae verlede week in die hoofstad gehou is, het volgens berigte baie bereik. Hooggeplaastes en individue wat verantwoordelik is vir beleid in die sektor het die konferensie bygewoon. Verskeie aspekte is onder die loep geneem. Michael Iyambo, die Voorsitter van die Komitee wat die konferensie gereël het, en ook die Voorsitter van beide die Agribank en Akkerbouraad is ons gas.