‘n Studie wat in Botswana uitgevoer is deur die Universiteit van Nieu-Suid Wallis in Australië het met groot sukses konflik tussen boere en veral leeus verminder. Oë is op die bees se agterstewe geverf wat merkwaardige sukses getoon het. Namibië het natuurlik ook sy eie uitdagings en die Minister van Omgewingsake Pohamba Shifeta sluit vanoggend by ons aan...En Romeo Muyunda Woordvoerder van die Ministerie sluit by ons aan oor die proses vir kompensasie in die geval van konflik met wilde diere.