Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Ontdek die wêreld, sy mense, spys en drank en nog baie meer in hierdie lekker ligte potgooi in Afrikaans. Agter die mikrofoon is Kaapse skrywers en reisigers Maryke en Clifford Roberts. Volg ons op Tw... more
FAQs about Kontrei Klets:How many episodes does Kontrei Klets have?The podcast currently has 20 episodes available.
October 24, 2018Van huis tot huis-restaurantHoe lekker om in 'n sjef se eetkamer onthaal te word met van ons land se voorste wyne. Jip! Huis-restaurante is 'n ding. Ons klets met kostowenaars Santi Louzán, Esti Forbes, Luke Wonnacott en Bella Niehaus. Ook met wynmakers Marius Malan en Jacques Cilliers....more43minPlay
October 16, 2018Sommer op ons drumpelOns kuier by Agter-Paarl en Voor-Perdeberg en geniet die gasvryheid van 'n wonderlike streek. Onthou om ons op Twitter te volg by @kontreiklets en as jy die Anchor-toep afgelaai het, klik op die boodskap-skakel en stuur direk vir ons jou gedagtes en dalk gebruik ons dit in opkomende uitsending! Luister Kontrei Klets op Spotify, Google Podcasts en 'n hele klomp ander platforms....more27minPlay
October 10, 2018Wyn en vermaakGroot mylpale saam met #FryersCove, #KWV en #TheatreOnTheBay word in hierdie episode gevier. Ons delf 'n bietjie in die nostalgie van ouma se kookkuns saam met sjef #TiaanLangenegger en #KykNET. Volg ons op Twitter @Kontreiklets en gebruik die skakel op Anchor om vir ons ook boodskappe te stuur....more37minPlay
September 18, 2018'n Bietjie van dit en 'n bietjie van datOns gesels 'n bietjie oor die Cape Wine-skou, met opnames van Ken Forrester, Duimpie Bayly en Beyers Truter; vertel meer oor Swerfgoed, 'n nuwe teaterstuk by die Baxter-teater; en bespreek verskeie nuwe boeke. Volg @KontreiKlets op Twitter. Stuur gerus 'n boodskap deur die Anchor-toep en dalk gebruik ons dit in die volgende episode....more26minPlay
September 11, 2018Vallei van mis en sneeuHierdie week kuier ons in die Breederivier-vallei. Ons besoek vir Bosjes, gesels met die bestuurder van 'n bekende padstal, hoor by Bergsig wat hul wyn uniek maak en nog meer. Luister na Kontrei Klets op Spotify, Google Podcasts, Apple Podcasts en nog meer. Volg ons op Twitter @Kontreiklets....more27minPlay
September 03, 2018Gepraat van wynOns reis in hierdie episode van wynglas na kookboek na bekende sjefs se smulborde. Ons verklap wie die land se beste Kaapse versnit-wyne én Chenin blancs maak; watter nuwe kookboeke jy op jou wenslysie kan skryf; wyn-geleenthede waar jy ook lekkerbekkig kan meemaak; en, watter landgoed hul eerste wyne en seisoenale spyskaart bekendstel. Volg @KontreiKlets op Twitter en stuur gerus vir ons 'n boodskap....more21minPlay
August 28, 2018Die nostalgie van klankMusiek word dikwels gekoppel aan die onthou van 'n lekker reis. In hierdie episode deel Clifford en Maryke Roberts - die kletsers van @KontreiKlets - hul herinneringe van musiek op die langpad. Volg Kontrei Klets op Twitter. Stuur gerus boodskappe wat dalk volgende keer ingesluit mag word!...more25minPlay
August 20, 2018Vêr verlate vlaktesNamibië: herleef ons eerste ontdekking van hierdie wonderlike land in 'n gehuurde 4x4. As jy iets soortgelyks beplan, kan jy dalk baatvind by 'n paar wenke wat ons hier deel. Word deel van die gesprek op Twitter @Kontreiklets of stuur vir ons 'n boodskap, en wie weet, luister volgende week of dit ingesluit is!...more1minPlay
August 13, 2018Langpad na Noord-KaapHierdie nuwe episode deur @Kontreiklets se Clifford en Maryke Roberts beskryf 'n reis na die Noord-Kaap en verklap presies waar jy die mooiste Namakwaland-blommeskouspel kan sien. Gaan proe wyn-roomys en neem 'n selfie voor 'n donkie-standbeeld op Upington. Neem so deel aan die reek: gesels saam op Twitter of stuur vir ons 'n boodskap dat ons dit op die potgooi kan deel!...more1minPlay
August 07, 2018Silwerskerm en suikerrietOns gesels oor die Silwerskerm filmfees later vanjaar en hoe om 'n lekker vakansie in KwaZulu-Natal te hê....more2minPlay
FAQs about Kontrei Klets:How many episodes does Kontrei Klets have?The podcast currently has 20 episodes available.