Die rolprent "Vergeet My Nie" het tydens sy eerste week se vertonings meer as 2 miljoen rand by die loket verdien. "Vergeet my Nie" speel in die laat negentigerjare in Potchefstroom, Londen en Kaapstad af. Die draaiboekskrywer, Tarryn Tanille Prinsloo, sê " Lisa se klavier" van Koos Kombuis word prominent in die agtergrond in die fliek gebruik. Sy het aan Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê die liedjie dra as't' ware die tema van die rolprent.