Ten spyte daarvan dat boere in die noordelike kommunale gebiede nie kan deelneem aan die mark suid van die rooilyn nie, beteken nie dat daar nie geboer word nie. Korrektiewe Dienste se adjunk-kommissaris generaal Sam Shaalulange het 'n oorsig gegee van hul fasiliteite in die noorde en wat hulle produseer. Hulle het self 'n vleisprosseseringsfasiliteit by die korrektiewe diens. Shaalulange het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.